The Madonna of the Streets
Mary's Rosaries

Home Page

Contact Us

Make a Payment, Methods of Payment, Refund and Exchange Policies

Rosaries
subpages:

How to Pray the Rosary
subpages:

Pictures Main Page
subpages:

Curriculum
subpages:

Website Terms of Use

License Agreement

Sitemap


The Work of God's Children

Afrikaans Rosary PrayersBible and Rosary 001.jpg
Rosary 001.jpgThis language is spoken in South Africa.

DIE HEILIGE KRUISTEKEN / Sign Of The Cross
There are two variations of this:
In die Naam van die Vader en van die Seun en van die Heilige Gees. Amen.

In die Naam van Die Vader en van die Seun en van die Heilige Gees. Amen.


DIE APOSTOLIESE GELOOFSBELEIDENIS /
Apostles' Creed
Ek glo in God, die almagtige Vader, die skepper van hemel en aarde; en in' Jesus Christus sy eniggebore Seun, onse Here, wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore uit di Maagd Maria; wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig, ges?orwe en begrawe is; wat neergedaal het na die hel, die derde dag weer opgestaan het uit die dode, opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader; vanwaar Hy sal kom om te oordeel die lewende in die dode. Ek glo in die Heilige Gees, die heilige Katolieke kerk, die gemeenskap van die heiliges, die vergewing van sondes, die wederopstandingvan die vlees, en die ewige lewe. Amen.

Onse Vader /
Our Father
There are six variations of this:

Onse Vader wat in die hemele is,
laat U Naam geheilig word;
laat U koninkryk kom;
laat U wil geskied,
soos in die hemel net so ook op die aarde;
gee ons vandag ons daaglikse brood;
en vergeef ons ons skulde,
soos ons ook ons skuldenaars vergewe;
en lei ons nie in versoeking nie,
maar verlos ons van die Bose.
Amen.

Onse Vader / Our Father
Onse Vader wat in die hemele is,
laat u Naam geheilig word.
Laat u koninkryk kom.
Laat u wil geskied,
soos in die hemel net so ook op die aarde.
Gee ons vandag ons daaglikse brood,
En vergeef ons ons skulde,
soos ons ook ons skuldenaars vergewe.
En lei ons nie in versoeking nie,
maar verlos ons van die Bose.
Amen.

Onse Vader / Our Father
Ons Vader wat in die hemel is
vanwaar ons hulp kom
Laat u wil geskied
soos in die hemel
so ook op die aarde
Gee ons vandag ons daaglikse
brood en vergewe ons, ons oortredinge
soos ons ook vergewe, die wat teen ons sondig
Lei ons nie in die versoeking nie,
maar verlos ons van die Bose.
Amen.

Onse Vader / Our Father
Onse Vader, wat in die hemele is;
laat u Naam geheilig word.
Laat u koninkryk kom.
Laat y wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde.
Gee ons vandag ons daaglikse brood.
En vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe.
En lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose.

Onse Vader / Our Father
Onse Vader wat in die hemel is,
laat U naam geheilig word,
laat U koningkryk kom,
laat U wil geskiet, op aarde,
so ook in die hemel.
Gee ons vandag ons daaglikse brood,
en vergeef ons ons skulde
soos ons ook ons skuldenaars vergewe.
En lei ons nie in versoeking nie,
maar verlos ons van die bose.
Amen.

Onse Vader / Our Father
Onse Vader wat in die hemel is,
laat u Naam  geheilig word,
laat u koninkryk kom, laat u wil geskied
soos in die hemel,
net so ook op die aarde.
Gee ons vandag ons daag likse brood,
en vergeef ons ons skulde
soos ons ook ons skuldenaars vergewe;
en lei ons nie in versoeking nie,
maar verlos ons van die Bose. Amen.

DIE WEES GEGROET / Hail Mary
There are two variations of this:

Wees gegroet, Maria, vol genade, de Heer is met U, geseën is U onder die vroue, en geseën is die vrug van U skoot, Jesus. Heilige Maria, Moeder van God, bid vir ons sondaars, nou en in die uur van ons dood. Amen.

Wees gegroet, Maria, vol genade, die Here is met u. Geseēn is u onder die vroue en geseēn is Jesus die vrug van u skoot. Heilige Maria, Moeder van God, bid vir ons sondaars, nou en in die uur van ons dood. Amen.

EER AAN DIE VADER /
Glory Be
There are two variations of this:

Eer aan die Vader en aan die Seun en aan die Heilige Gees, soos dit in die begin was, so ook nou en altyd tot in alle ewigheid. Amen.

Eer aan die vader en aan die Seun en aan die Heilige Gees, sos dit in die begin was, so ook nou en altyd tot in alle ewigheid. Amen.

DIE, SALVE REGINA /
Salve Regina
Wees gegroet, Koningin, Moeder vol barmhartigheid, ons lewe, ons vreugde en ons hoop, wees gegroet. Totu roep ons, verbanne kinders van Eva; tot u smeek ons wat sugen ween in hierdie tranedal. Rig dan, o Voorspreekster, op ons u barm hartige oë en toon aan ons na hierdie ballingskap Jesus, die geseēnde Vrug van u skoot. O genadige, O liefdevalle, Oberninde Maagd Maria.

The Rosary

Eer aan die Vader ..... Ek glo in God ..... Onse Vader ..... Wees gegroet Maria .....
1. Wat die geloof in ons mag vermeerder.
2. Wat die hoop in ons mag versterk.
3. Wat die liefde in ons mag ontvlam.

By elke geheim: Onse Vader, Wees gegroet Maria {10 keer}, Eer aan die .....

DIE BLYE GEHEIMENISSE /
The Joyful Mysteries
1. Die engel bring die boodskap aan Maria.
2. Maria besoek Elisabet.
3. Jesus word in die stal van Betlehem gebore.
4. Jesus word in die 'tempel aan God opgedra.
5. Jesus word in die tempel teruggevind.

DIE LIGRYKE GEHEIMENISSE / The Luminous Mysteries
1. Die Doop van die Here deur Johannes in die Jordaan.
2. Die huwelik te Kana.
3. Die verkondiging van die Koninkryk van God.
4. Die verheerliking op die berg.
5. Die Laaste Avondmaal.

DIE LYDINGS GEHEIMENISSE /
The Sorrowful Mysteries
1. Jesus bid in doodsangs tot sy hemelse Vader.
2. Jesus word gegésel.
3. Jesus word met dorings gekroon.
4. Jesus dra sy kruis na Gólgota.
5. Jesus sterf aan die kruis.

DIE GLORIERYKE GEHEIMENISSE /
The Glorious Mysteries
1. Jesus staan op uit die dode.
2. Jesus vaar op na die hemel.
3. Die Heilige Gees dall neer op die apostels.
4. Maria word in die hemel opgeneem.
5. Maria word in die hemel gekroon.

Geloofsbelydenis van Nicea / The Nicene Creed
Ons glo in een God, die almagtige Vader, die Skepper van die hemel en aarde, van alle sigbare en onsigbare dinge;
en in een Here Jesus Christus, die eniggebore Seun van God, voor al die eeue uit die Vader gebore:
Hy is God uit God, lig uit lig, ware God uit ware God,
gebore, nie gemaak nie, een in wese met die Vader, deur wie alles tot stand gekom het.
Hy het ter wille van ons, mense, en ons saligheid uit die hemel neergedaal
en het deur die Heilige Gees uit die maagd Maria vlees geword: Hy het mens geword;
onder Pontius Pilatus is Hy vir ons gekruisig;
Hy het gely en is begrawe.
Op die derde dag het Hy volgens die Skrifte opgestaan, en Hy het na die hemel opgevaar.
Hy sit aan die regterhand van die Vader, en Hy sal met heerlikheid terugkom
om die lewendes en die dooies te oordeel.
Aan Sy koningskap sal daar geen einde wees nie.
Ons glo in die Heilige Gees, wat Here is en lewend maak.
Hy gaan van die Vader en die Seun uit, en Hy word saam met die Vader en die Seun aanbid en verheerlik.
Hy het deur die profete gespreek.
Ons glo aan een, heilige, algemene en apostoliese kerk.
Ons bely een doop tot vergifnis van sondes.
Ons verwag die opstanding van die dooies en die lewe vandie toekomstige bedeling.
Amen.


GEBED TOT DIE HEILIGE GEES /
Prayer to the Holy Spirit
Kom, Heilige Gees, vervul die harte van u gelowiges en ontsteek in hulle die vuur van u liefde. Stuur uit u Gees en alles word herskape. En u sal die aanskyn van die aarde her nuwe. Laat ons bid. O God, U het die harte van die gelowiges deur die Heilige Gees verlig en geleer Gee dat ons in deisilfde Gees werklike wysheid mag besit en altyd sy vertroosting mag geniet. Deur Christus, onse Here. Amen.

DIE SUB TUUM / Under Your Protection / Sub Tuum Praesidium
Tot u beskerming vlug ons, heilige Moeder van God; hoor ons smekinge noudat ons in nood verkeer, en verlos ons altyd van alle gevare. O glorievolle en geseende Maagd. Amen.
Creative Commons License
The contents of this webpage are licensed under a Creative Commons Attribution 3.0 License.
Valid HTML 4.01 Transitional
(this is the bottom of page)